Redenaars 2014-

Met die aanvang van die jaar  het die skool se interne kompetisie plaasgevind om te bepaal wie deurgaan na die 1ste rondte van die AKTV Redenaarskompetisie.

 

Die volgende plekke is behaal:

Juniors( Graad 8 en 9)

         Luchell Hanekom  Graad 8

         Robin Van der Byl Graad8

         Jo-stine Goliath Graad 9

SENIORS (Graad 10 -12)

         Lenay Magerman  Graad 11

         Jana De Waal Graad 12

         Lara Swanepoel Graad 11

         J.P Jordaan Graad 12

Die 1ste rondte is gehou op 9de Mei in Kakamas. Hier is Lenay Magerman aangewys as een van die leerders wat deur is na die volgende rondte. Hierdie rondte het plaasgeving 17 Mei in Kimberley en was op provinsiale vlak. Lenay het hier n besondere prestasie behaal en is aangewys as die wenner in die Noord-Kaap. Sy dring dan deur na die nasionale rondte wat Augustus plaasvind.

 

REDENAARS

Redenaars is n uitstekende aktiwiteit om aan deel te neem. Dit bou selfvertroue om voor mense te praat en leer deelnemers om op hul tone te dink anngesien onvoorbereide toesprake n groot deel van die kuns uitmaak.

Laastens skep dit n geleentheid vir leerders om op hoogte te wees van aktuele kwessies en hul opinies daaroor te lug.