Horskool Namakwaland is n besondere skool met n sterk akademiese karakter wat goed vermeng is met sy tegniese been.  Die skool, met verskeie vakkeuses, bied vir leerders vele toekomsmoontlikhede aan.  Dit word beklemtoon deur die suksesse van ons oud-skoliere en die verskille wat hulle oor die land en wreld heen maak.

 

Oor 150 jaar het Horskool Namakwaland sy merk gemaak in die gemeenskap asook die provinsie.  Ons spog reeds vir n hele paar jaar met 100% slaagsyfer in graad 12.  Ons is ook die afgelope 3 jaar aangewys as die beste skool in die Namakwaland streek en die uitslae van 2013 is derde geplaas in die Noord-Kaap provinsie.  Ons kon dit net bereik as gevolg van gemotiveerde leerders en n puik personeel.  Min skole kan met di prestasies spog.  Ons kan net dankie s aan al ons voorgangers wat so help bou het aan n trotse skool.

 

Vir talle jare word waardes en beginsels baie na aan die skool se hart gedra.  Ons het egter vanjaar gefokus daarop sodat ons gekenmerk kan word as n waardegedrewe skool.  Die waardes wat ons uithef is:  Lojaliteit, Omgee, Eerlikheid, Respek en Uitnemendheid.  Die uitoefening van hierdie waardes moet vir elke leerder, ouer en personeellid van Horskool Namakwaland n leefwyse word sodat die skoolgemeenskap in n waardegedrewe skoolgemeenskap omskep kan word.  Hierdie waardes sal juis vir leerders help om nie die rels van die gedragskode te oortree nie en Bokkies sal positief en opbouend optree, terwyl die negatiewe optrede afgekeur sal word.

 

Ons nooi u om te kom kyk hoe ons sportsterre presteer!  Ons leerders verteenwoordig ons in die verskillende sport kodes op Provinsiale vlak.  Ons kultuur l ons net so na aan die hart.  Buiten ons eie Toneelfees en Eisteddfod, wat hoogtepunte op ons skoolkalender is, is daar ook redenaars wat op provinsiale vlak teen die bestes kompeteer en daar stof in hulle o skop.

 

Ons is bedag op die feit dat daar soms by leerders die behoefte ontstaan vir ekstra ondersteuning.  Dus het ons n lewensberader wat goeie werk onder die jeug verrig.  Ons persoonlike beradingspan is ook geredelik beskikbaar indien benodig word.

 

Horskool Namakwaland leerders weet hoe om te VOLHARD en die einddoel suksesvol te bereik.

Description: Mond handtekening.JPG

 

 

 

 

MNR. S. MONK

SKOOLHOOF